Lees ook: Taxi-eienaar in KZN geskiet
AMOUTANA, KZN. – Twee persone is gistermiddag dood en een beseer tydens ’n skietvoorval in Amoutana, KZN.
Vyf vriende het in die hoofpad tussen Trenance Park en Amaoti geloop toe ’n Toyota Etios hulle genader en die insittendes op die groep vriende begin skiet het. Een persoon (23) is verskeie kere raak geskiet en is in die straat dood.
Sy vriende het weggehardloop, maar is deur twee gewapende verdagtes gevolg. Een van die vriende (22) is naby sy huis doodgeskiet; nog een is in sy hand geskiet. Twee van die vriende kon ontsnap.
Die verdagtes het daarna op die vlug geslaan.
Inwoners het die Reaksie-eenheid SA (Rusa) vir hulp geskakel. Die eerste slagoffer is nege keer geskiet. Nog ‘n slagoffer is ook nege keer geskiet.
Die oorlewendes het gesê die verdagtes is onbekend aan hulle en hulle weet nie wat die motief vir die aanval was nie.
Bronne: Facebook
Lees ook: Taxi-eienaar in KZN geskiet





