Brian Wilson van die Beach Boys oorlede

Lees ook :

Brian Wilson van die Beach Boys oorlede fotokrediet: X

VSA. – Brian Wilson, medestigter en hoofliedjieskrywer van die Beach Boys, is gister in die ouderdom van 82 oorlede. Hy sal onthou word vir treffers soos Good Vibrations, California Girls, Surfin’ U.S.A. en vele meer.

Lees ook: Meer as 40 mense in SA dood tydens storms

Sy familie het sy dood in ’n verklaring op Instagram bekend gemaak, maar nie gesê wat die oorsaak is nie. Hulle het gevra vir privaatheid in hulle tyd van rou. Wilson is verlede jaar met demensie gediagnoseer.

Verskeie sangers, insluitend die oorlewende lede van die Beach Boys, het hulle medelye en ontsteltenis oor Wilson se afsterwe betoon.

Bronne: Jacaranda FM, BBC, New York Times

Lees ook: Meer as 40 mense in SA dood tydens storms

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief