Brief aan burgemeester oor Pretoria-Noord en Akasia se agteruitgang

Lees ook :

Foto: Rdl. Rina Marx

GAUTENG. – Die VF Plus het in ‘n brief aan dr. Nasiphi Moya, die burgemeester van Tshwane, Eugene Modise, die onderburgemeester, asook aan Johan Mettler, die stadsbestuurder, gevra om die verdere agteruitgang van Pretoria-Noord en Akasia te keer.

Rdl. Rina Marx sê Pretoria-Noord het in 1878 ontstaan en wat eens ‘n spogwoonbuurt was, is skaars iets van oor. Die strate het slaggate, straatligte is buite werking en selfs sypaadjies is onooglik en met gras oorgroei. Daar word gevra die Tshwane-metro moet toesien dat departemente wat die probleme moet aanspreek ‘n daadwerklike poging aanwend.

Lees die volledige verklaring hier onder:

Die VF Plus het ‘n skrywe gerig aan die Tshwane-metro se burgemeester, dr. Nasiphi Moya, die onderburgemeester, Eugene Modise en stadsbestuurder, Johann Mettler, om dringend in te gryp om die verdere agteruitgang van Pretoria-Noord en Akasia te verhinder.

Pretoria-Noord is een van die oudste dele van die metro sedert sy ontstaan in 1878 toe pionierboere langs die Apiesrivier kom vestig het. Van die eens pragtige florerende gebied, is daar feitlik niks oor nie.

Slaggate, straatligte wat buite werking is en sypaadjies wat uitmekaar val en oorgroei is met gras, is deesdae die norm.

In Gerrit Maritzstraat, die hoofstraat, is straatligte buite werking, die straat is verwaarloos en taxibestuurders parkeer waar en wanneer hulle wil sonder enige gevolge en tot groot ergernis van inwoners.

Munisipale bywette word selde toegepas en smouse se stalletjies op sypaadjies dwing inwoners om in die pad te loop wat uiters gevaarlik is.

In die Klerksoord-industriële gebied gaan ondernemings soms tot drie keer per week onder kragonderbrekings gebuk.

Die Tshwane-metro het ‘n plig om aandag te skenk aan die probleme in die gebied en toe te sien dat die verskillende departemente ‘n daadwerklike poging aanwend om die probleme op te los.

Die VF Plus sal aanhou druk plaas op die metro die agteruitgang van Pretoria-Noord om te keer.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief