Brekende Nuus
Afrikaans

Britse polisie vra hulp ná diefstal uit Bristol-museumargief

Britse polisie vra hulp ná diefstal uit Bristol-museumargief 
fotokrediet: X
Britse polisie vra hulp ná diefstal uit Bristol-museumargief fotokrediet: X

BRISTOL, VK. – Die Britse polisie het gevra vir hulp nadat meer as 600 waardevolle items op 25 September uit die Bristol-museumargief gesteel is.

Lees ook: Verdagtes steel kuns by biblioteek in Brasilië

Juwele, weermagmemorabilia, natuurlike geskiedenisitems, asook beeldjies van ivoor, brons en silwer is deur vier onbekende manlike verdagtes uit die argief gesteel.

Speurders het nou CCTV-beeldmateriaal vrygestel van die gebied waar die inbraak plaasgevind het en het gevra dat enigiemand wat die mans herken, met die polisie in aanraking moet kom. Die polisie het ook gevra as die publiek die gesteelde aanlyn te koop sien, moet hulle die polisie skakel.

Bronne: BBC, Sky News, Euronews

Lees ook: Verdagtes steel kuns by biblioteek in Brasilië