KANARIESE EILANDE. – ‘n Britse toeris (56) is Saterdag oorlede en een is kritiek beseer nadat hulle 20 voet ver geval het toe ‘n balkonreling by ‘n hotel in die Kanariese Eilande meegegee en ‘n balkon ineengestort het.
Lees ook: Meisie (5) gooi glo 21 dae ou baba by venster uit toe ma hulle alleen los
Die balkonreling by ‘n hotel van die Lanzarote-oord Costa Teguise het meegegee. Een man is op slag dood en ‘n ander Britse toeris (54) is in kritieke toestand.
Volgens die Spaanse burgerlike wag ondersoek dit die instandhouding van die reling by die oord.
Bronne: The Independent, LBC, Daily Mail
Lees ook: Meisie (5) gooi glo 21 dae ou baba by venster uit toe ma hulle alleen los





