Lees ook: Ses dood, drie in hegtenis na skietery met polisie
HARRISMITH. – ’n Vrou (44) se lewelose liggaam is in haar huis in Tshiame B naby Harrismith ontdek.
Haar broer het haar Maandag by haar huis gaan soek toe hy haar nie in die hande kon kry nie. Hy het die polisie gebel.
Die vrou se liggaam het in ’n plas bloed gelê en dit blyk of sy aangeval is. Sy het saam met haar kêrel gebly wat intussen verdwyn het.
Die polisie is besig om ’n saak van moord te ondersoek.
Bronne: SAPD
Lees ook: Ses dood, drie in hegtenis na skietery met polisie





