Broer sien glo bylmoord van suster, verdagte doodgemaak

Lees ook :

Foto: Women For Change

VRYSTAAT. – Nthabiseng Motsoaosile (11) is Saterdag glo ten aanskoue van haar broer, omstreeks 16:00 in Meloding met ‘n byl doodgekap. Haar beweerde moordenaar, in sy 30’s, is deur lede van die gemeenskap doodgemaak.

Women For Change sê die meisie was onderweg na ‘n spazawinkel toe sy aangeval was. Die verdagte, wat glo aan die oorledene bekend was, het na bewering die dag vantevore onvanpaste aanmerkings oor die kind met wie hy glo wou trou gemaak. Haar broer het hom tydens ‘n argument aangespreek om sy suster uit te los. Hy het glo voorheen by die oorledene se familie gebly.

Die broer het volgens WFC aan media gesê hy het die verdagte met die byl agter sy rug gesien toe hy sy suster na bewering gevolg het. Hy het haar glo probeer kap, maar sy het weggehardloop. Dit was toe sy agter bure se huis geval het wat sy fisies op die agterkant van haar nek, voorkop, regterskouer en regterhand gekap is. Die broer het die verdagte glo probeer keer en met klippe bestook, waarna hy na sy ma by die huis gehardloop het om hulp te kry.

Die beweerde verdagte is dieselfde dag as wat die kind doodgekap is deur die gemeenskap doodgemaak.

Nuusflits het voorheen soos volg berig:

Nthabiseng Motsoaosile (11) is Saterdag omstreeks 16:00 in Meloding met ‘n byl teen die kop doodgekap. Haar beweerde moordenaar is deur lede van die gemeenskap doodgemaak.

Volgens kapt. Stephen Thakeng was die meisie se liggaam vol bloed en in ‘n kombers toegemaak toe Meloding-polisie opdaag . Sy is op die toneel dood verklaar.

Die verdagte is blykbaar tot waar hy glo weggekruip het deur inwoners gevolg en doodgemaak. Hy is ook op die toneel dood verklaar.

Thakeng sê Meloding-polisie ondersoek twee moordsake en waarsku inwoners om nie reg in eie hande te neem nie en eerder vermeende verdagtes aan die polisie te ooorhandig.

Die polisie is op soek na diegene wat die verdagte vermoor het. Enigiemand met inligting word versoek om na vore te kom.

Bronne: SAPD en Women For Change

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief