Broers op aanklag van moord in hegtenis

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – Die 29-jarige Ashley van Wyk is Sondagoggend met verskeie steekwonde aan sy bolyf dood aangetref in Wellemsestraat, Sandersville, Heilbron. Twee broers is op aanklag van moord gearresteer en sal Woensdag in die Heilbron-landdroshof verskyn.

Volgens Sers. Josephine Rani het die polisie omstreeks 05:00 ‘n klagte van moord ontvang, waarna die oorledene op die toneel uitgewys is. Die voorlopige ondersoek toon dat die twee verdagtes by die huis aangekom het waar Van Wyk en sy vriende gekuier het.

“Een van die verdagtes het vir sigarette gevra, en toe hulle hom nie van sigarette kon voorsien nie, het hy aggressief begin raak. Daar word verder beweer dat die twee broers na ‘n ruk saam met die oorledene na buite gegaan het en hom na bewering aangerand en gesteek het.”

Die twee broers is later in hegtenis geneem en sal Woensdag op ‘n klag van moord in die Heilbron-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief