Brutale plaasmoorde ‘dwing gemeenskappe om te mobiliseer ‘terwyl regering ‘anderpad kyk’

Lees ook :

(Fotokrediet: AfriForum)
(Fotokrediet: AfriForum)

Die burgerregteorganisasie AfriForum doen ’n dringende beroep op boere en landelike inwoners om hul veiligheid en paraatheid op te skerp. Volgens dié organisasie was daar die afgelope week minstens sewe plaasmoorde landswyd. Die afgelope naweek alleen is daar vier mense vermoor in twee aparte voorvalle. In beide insidente is bejaardes geteiken.

Hennie en Anneke Claassen is wreed gemartel en vermoor op ’n plaas buite Ohrigstad, terwyl Pierre en Belinda de Kock op hul plaas buite Piketberg vermoor is.

Die organisasie betuig sy innige meegevoel met die familie en vriende van die slagoffers.

“AfriForum maan boere en landelike inwoners om dringend by hul plaaslike buurt- of plaaswagte betrokke te raak. Die enigste manier om hierdie gruwelike aanvalle hok te slaan, is vir gemeenskappe om te mobiliseer en hul paraatheid te verskerp,” sê Jacques Broodryk, AfriForum se woordvoerder vir Gemeenskapsveiligheid.

“Die wreedaardige manier waarop hierdie misdade uitgevoer word, is ’n duidelike aanduiding dat dit nie net gewone misdaad is nie. AfriForum sal aanhou om druk op die regering te plaas en te eis dat plaasaanvalle as ’n prioriteitsmisdaad verklaar word en die nodige aandag van die owerhede geniet,” sluit Broodryk af.

Volgens die organisasie is dit hoogtyd dat president Cyril Ramaphosa en ander politici die erns van die probleem erken.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief