Brutus, die eerste seekoei wat in 300 jaar in die Wes-Kaap ingebring is, is verlede week in die ouderdom van 47 dood. Brutus is in November 1981 na Rondevlei geneem en het tot met sy dood nakomelinge voortgebring.
Lees ook: Brandstofprys styg na verwagting in Desember
Werkers van die Valsbaai-natuurreservaat het Donderdag roetinepatrollies uitgevoer toe hulle ‘n seekoeibul se karkas in die Rondevlei-deel van die reservaat gekry het. ‘n Nadoodse ondersoek is uitgevoer en dit is vasgestel die oorlede bul is Brutus. Daar was geen tekens van trauma, besering of siektes nie en Brutus is moontlik aan natuurlike oorsake dood.
Bronne: City of Cape Town





