Buffels op hoofweg in Oosrand

Lees ook :

Foto's: Hlasela Tactical

GAUTENG. – Twee buffels is Saterdagaand op die R21-hoofweg in ‘n noordelike rigting naby Serengeti aan die Oos-Rand aangekeer. Foto’s van Hlasela Tactical sê dit was in Glen Marais in Kempton Park.

Volgens die Greenstone Hill Community-Facebook-blad is die pad omstreeks 20:30 gesluit, aangesien motoriste stilgehou het om na die diere, wat op die hoofweg geloop het, te kyk. Die diere het op hulle beurt blykbaar geïriteerd geraak en daar is gevra dat die area vermy word.

Omstreeks 21:53 was die R21 reeds weer vir verkeer oopgestel.

Die NDBV, Kempton Park-DBV en ander rolspelers is vir hulle optrede in die situasie bedank.

Nóg kommentaar het laat blyk dit was nie die eerste keer dat buffels op die betrokke pad beland het nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief