MPUMALANGA – ‘n Ethiopiese burger (26) is deur die polisie in hegtenis geneem nadat ‘n meisie (6) van Arnot, naby Hendrina, na bewering op 3 April omstreeks 18:00 verkrag is.
Brig. Donald Mdhluli sê die slagoffer is na ‘n plaaslike snoepwinkel gestuur, waarna die beweerde verkragting plaasgevind het. Die saak is by die polisie aangemeld en deur GKS ondersoek. Die gearresteerde verdagte verskyn vandag op aanklagte in die Hendrina-landdroshof.
Maj.genl. Zeph Nkhwanazi, die provinsiale kommissaris, het die beweerde misdaad veroordeel en sê: “Ons sal geen moeite ontsien om te verseker dat geregtigheid vir die slagoffer in hierdie saak geskied nie. Ons ondersoekers, wat nou met die aanklaer saamwerk, sal toesien dat die verdagte deur die volle gevolge van sy beweerde optrede in die gesig gestaar word.”
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





