Buitelander in skietery met polisie gewond

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – ‘n Buitelandse burger (52) is Sondagoggend vroeg deur die polisie in ‘n skietery in die Madlankala-area in Esikhaleni gewond.

Kol. Robert Netshiunda sê die buitelandse burger is vir ‘n aanklag van moord deur die polisie gesoek, toe hulle inligting ontvang het dat hy in ‘n huis skuil.

“Toe die polisie die huis binnegaan, het die 52-jarige verdagte verskeie skote op die polisie geskiet.”

Netshiunda sê in ‘n poging om gevaar te neutraliseer het die polisie teruggeskiet en die verdagte gewond. Die verdagte is in besit van ‘n vuurwapen en ammunisie gevind. Netshiunda sê wanneer die verdagte fisies gesond genoeg is, sal hy op aanklag van moord, poging tot moord en die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie in die hof verskyn.

“Geen polisiebeampte is tydens die skietgeveg beseer nie.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief