Buitelander vir besit van ‘gesteelde eiendom’ gearresteer

Lees ook :

Foto's: SAPD

LIMPOPO. – ‘n Verdagte (40) is Dinsdagoggend omstreeks 10:00 op beskuldiging vir die besit van vermoedelik gesteelde eiendom ter waarde van duisende rande by sy huurwoning in Bela-Bela (Warmbad) gearresteer.

Kol. Malesela Ledwaba sê inligting oor die verdagte wat vermoedelik gesteelde eiendom in twee kamers in Khotastraat gebêre het, is opgevolg. Met aankoms by die huis het hulle die verdagte daar aangetref. Tydens deursoeking het die polisie verskeie elektriese toestelle, insluitend televisiestelle, mikrogolfoonde, selfone, klere, skoene, fietse, wasmasjiene en ander huishoudelike items, gevind. Die verdagte kon nie ‘n behoorlike verduideliking oor die items gee nie en is onmiddellik in hegtenis geneem.

Van die gesteelde eiendom is op die toneel deur die eienaars uitgeken. Die verdagte sal binnekort op die klag van die besit van gesteelde eiendom in die Bela-Bela-landdroshof voorkom.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief