TSHWANE, GAUTENG. – ’n Bus het Dinsdagmiddag aan die brand geslaan op die R80-Noord by Theo Martins-poort.
Tshwane-metropolisie moedig motoriste aan om alternatiewe roetes te gebruik.
Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie. Geen inligting oor die insittendes is ook beskikbaar nie.
Bus fire: R80 near Akasia, Pretoria. pic.twitter.com/OtmtATaAnJ
— Yusuf Abramjee (@Abramjee) May 7, 2024
Bronne: Tshwane Metro Police, Pretoria FM, Twitter





