Die waghondorganisasie Charity Commission het bevind daar was geen bewyse van boeliery, teistering of misoginie (vrouehaat) by prins Harry se Sentebale-liefdadigheidsorganisasie nie.
Lees ook: Liefdadigheidskommissie ondersoek prins Harry se Sentebale
Dit volg nadat die huidige bestuur van die organisasie, Sophie Chandauka, beweer het sy is geboelie, geteister en deur misoginie gepla en dat prins Harry dit toegesmeer het. Harry, sy medestigter van Sentebale, prins Seeiso, en die groep trustees het ná haar bewerings bedank.
Die Charity Commission het bevind daar was geen bewyse vir Chandauka se bewerings nie, maar daar is “’n sterk persepsie van slegte behandeling deur ’n aantal van die partye gevoel”. Dit het verder gesê dit is nie die kommissie se rol om te besluit oor onafhanklike bewerings van boeliery nie. Chandauke sal aanbly as die voorsitter van Sentebale, aangesien die waghondorganisasie geen rede kon vind om haar uit haar pos te verwyder nie.
Die kommissie het “alle partye” blameer omdat hulle toegelaat het dat ’n “skadelike” dispuut in die openbaar uitgespeel het en het die organisasie ’n aksieplan gegee om aan “bestuurswakhede” te werk. Die kommissie het gesê die openbare dispuut het die liefdadigheid se reputasie skade berokken.
Bronne: BBC, Sky News, Evening Standard
Lees ook: Liefdadigheidskommissie ondersoek prins Harry se Sentebale





