Brekende Nuus
Afrikaans

Bus met skoolleerders bots teen muur van vakansie-oord

'n Skoolbus met leerders het Vrydagmiddag teen die muur van 'n vakansie-oord gebots.

Foto's: Die Pos Koerant
Foto's: Die Pos Koerant

LIMPOPO. – ‘n Bus wat 38 leerders van Laerskool Modderspruit in Bela-Bela (Warmbad) vervoer het, se remme het glo Vrydag onderweg van die skool af gefaal en teen die Aventura, A Forever Resort se muur gebots.

Mavhungu Lerule-Ramakhanya, LUR vir onderwys in die provinsie, het die leerders spoedige beterskap toegewens. Twee van die leerders is onderskeidelik na ‘n hospitaal in Mokopane (Potgietersrus) en Pretoria geneem. Die res van die leerders is vir skok behandel en is daarna ontslaan.

“We are at a loss for words to have learnt that this high number of learners have been involved in this accident. It is unforgivable to transport service providers to use unroadworthy vehicles while ferrying our learners. As a department we practice zero tolerance regarding those who disobey the rules of the road and gamble with young lives. We pray for each learner to recover speedily,” het Lerule-Ramakhanya gesê.

Sielkundige berading word aan leerders voorsien.

Bronne: Limpopo Departement van Onderwys, Foto’s die Pos Koerant