Groot gedeeltes van Kimberley is sonder water nadat ’n gedeelte van die 600mm pyp in Lionellstraat in New Park en ’n 250mm pyp in Rhodeslaan in Rhodesdene gebars het.
Sello Matsie, woordvoerder van Sol Plaatje-munisipaliteit, sê: “Weens die grootte van die pype wat gebars het moes ons die waterpompe by Newton afskakel. Watertoevoer sal onmiddellik herstel word wanneer die herstelwerk aan die waterpype afgehandel is. Ons vra om verskoning vir die ongerief.”