Kimberliet rol brons medalje los

Lees ook :

Charles Peter Mathewson (24) het die afgelope naweek ‘n brons medalje by die Bowls South Africa Masters Singles-kampioenskap by Wingate Park Bowling Club in Pretoria verower.

Slegs 12 van die beste rolbalspelers regoor die land is genooi om aan die junior O/30 toernooi deel te neem.

Mathewson speel al vir die afgelope 18 jaar rolbal en probeer om drie tot vyf keer ‘n week te oefen.

Buiten die naweek se prestasie het hy ook al die SA mix spares en die O/30 nasionale kampioenskappe gewen. Hy is ook gekies om in Maart die junior Springbok-span in Hong Kong te gaan verteenwoordig.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief