’n Pasgebore babaseun is vroegoggend ongeveer 6:00 op 16 Februarie 2019 lewendig en verlate in ’n veld by Caters Glen deur ’n tuinier gevind.
Die tuinier beweer hy het sand in die veld gestort toe hy die gehuil van ’n baba gehoor het en ondersoek gaan instel het. Die tuinier het die polisie en ambulans ontbied.
Kol. Mashay Gamieldien, woordvoerder van die polisie, sê: “Die baba is vir mediese behandeling na ’n plaaslike hospitaal geneem. Die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) in Kimberley ondersoek ’n saak van verwaarlosing. Enige persoon met meer inligting wat die ondersoek kan help, word aangemoedig om adjunk a.o. Shanele Antonie by 082 302 0468 te skakel. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.”