Verlate baba in Caters Glen-veld deur tuinier gered

Lees ook :

’n Pasgebore babaseun is vroegoggend ongeveer 6:00 op 16 Februarie 2019 lewendig en verlate in ’n veld by Caters Glen deur ’n tuinier gevind.

Die tuinier beweer hy het sand in die veld gestort toe hy die gehuil van ’n baba gehoor het en ondersoek gaan instel het. Die tuinier het die polisie en ambulans ontbied.

Kol. Mashay Gamieldien, woordvoerder van die polisie, sê: “Die baba is vir mediese behandeling na ’n plaaslike hospitaal  geneem. Die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) in Kimberley ondersoek ’n saak van verwaarlosing. Enige persoon met meer inligting wat die ondersoek kan help, word aangemoedig om adjunk a.o. Shanele Antonie by 082 302 0468 te skakel. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief