Brekende Nuus
Afrikaans

Celine Dion deel gesinsfoto

Volgens Dion is haar poging om die outo-immuunsiekte te oorkom een van die moeilikste ervarings van haar lewe.

Celine Dion deel gesinsfoto. Skermgreep: Instagram
Celine Dion deel gesinsfoto. Skermgreep: Instagram

Die Kanadese sangeres, Celine Dion, het op die bewusmakingsdag vir Moersch-Woltman-sindroom ’n foto van haar gesin gedeel. Sy is in 2022 met die siekte, ook bekend as strammenssiekte, gediagnoseer.

Sy het ’n foto van haar en haar drie seuns op Instagram geplaas. Volgens Dion is dit een van die moeilikste ervarings van haar lewe om die outo-immuunsiekte te oorkom .

Dion is egter gemotiveerd om eendag weer terug op die verhoog te wees en haar lewe so normaal as moontlik te lei. Sy het ‘n verrassingsverskyning op die verhoog gemaak tydens vanjaar se Grammy-toekennings toe sy ’n toekenning aan Taylor Swift oorhandig het.

“Ek wil al my bemoediging en ondersteuning stuur aan almal regoor die wêreld wat deur die siekte geraak word,” het sy in haar plasing gesê.

Bron: Instagram