[t4b-ticker]

Checkers Little Shop is terug, is jy ‘n versamelaar?

Lees ook :

Foto: Checkers

Checkers se gewilde Little Shop is terug. Hierdie keer is daar 44 miniatuur-items wat versamel kan word.

Die items is van 100 % herwinbare materiaal van yskaste, wasmasjiene, veiligheidbrille en waterbottels gemaak. Hierdie keer kan items gevryf word om byvoorbeeld ‘n koffiereuk vry te stel en sal selfs in die donker gloei en skitter. Die items is van handelsmerke soos Sixty60, Forage & Feast, Oros, Sunlight, All Gold, Kit Kat, Vaseline, Tastic en vele meer.

Versamelaars kan ook vir die versamelaarshouer uitkyk.

Checkers sê in ‘n verklaring die promosie is slegs vir Xtra Savings-lede wat R200 en meer op ‘n keer spandeer. Die promosie is vanaf 23 September tot 10 November aan die gang, terwyl voorraad hou.

En indien jy dubbeld van die items het, of sommige nie wil hê nie, kan jy dit vir Checkers teruggee. Checkers sal dit aan arbeidsterapeute en liefdadigheidsorganisasies skenk. Dae wat items by sekere Checkers-winkels uitgeruil kan word, sal bekend gemaak word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief