Brekende Nuus
Afrikaans

Checkers raak kreatief tydens KKNK

In die advertensie gebruik Checkers woordspeling “Van Coke tot Appel, afgelewer in 60 minute”.

Checkers raak kreatief tydens KKNK. Foto: Facebook
Checkers raak kreatief tydens KKNK. Foto: Facebook

OUDTSHOORN, WES-KAAP. – Die Afrikaanse sanger, Appel, het ’n foto op Facebook gedeel waarin Checkers kreatief met ’n sixty60-advertensiebord is.

Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees vind tans op Oudtshoorn plaas. In die advertensie gebruik Checkers woordspeling: “Van Coke tot Appel, afgelewer in 60 minute”.

Francois van Coke en Appel is ook by die kunstefees op die verhoog.

Appel het in sy Facebook-plasing vir Checkers en die KKNK-organiseerders vir hulle kreatiwiteit geprys. “Dis epic,” sê hy. Van Coke het glo vir hom die foto aangestuur.

Foto: Facebook

Bron: Facebook