Chemiese ontploffing eis lewe

Lees ook :

Foto: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – ‘n Chemiese ontploffing wat Maandag by ‘n fabriek in Balfourstraat in die omgewing van Jacobs, suid van Durban, plaasgevind het, het die lewe van een persoon geëis.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê dié diens is kort na 12:45 na die fabriek waar chemikalieë ontplof het. Met aankoms op die toneel, wat as chaoties beskryf is, is drie beseerde persone aangetref, waarvan ten minste een kritiek was. Paramedici het die beseerdes op die toneel gestabiliseer. Een persoon het as gevolg van beserings hartstilstand ervaar en is dood verklaar. Die ander beseerdes is vir verdere mediese versorging na hospitale vervoer.

Jamieson sê ‘n ondersoek vind plaas om die oorsaak van die ontploffing vas te stel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief