Chery die top- Chinese motorhandelsmerk

Lees ook :

Chery het die eerste plek behaal in die motorkategorie van die gesogte Google X Kantar BrandZ Top 50 Chinese Global Brand Builders vir 2024.

Dit is die tweede agtereenvolgende jaar dat Chery die eerste plek beklee onder Chinese motorhandelsmerke met ‘n wêreldwye aantrekkingskrag. Wat dit veral indrukwekkend maak, is dat Google en Kantar agt Chinese motorhandelsmerke in sy verslag ingesluit het, die meeste nog.

Die Google x Kantar-verslag word saamgestel deur Kantar, wat ‘n goedgekeurde en gesertifiseerde derdeparty-metingsvennoot is vir handelsmerke, agentskappe en mediamaatskappye wat hul mediaprestasie op platforms wat deur Google besit wil verifieer.

Verene Petersen, nasionale bemarkingsbestuurder vir Chery Suid-Afrika, sê vanjaar se top 50-verslag strek oor sewe hoofkategorieë, met die motorbedryf wat oor die algemeen die beste prestasie in handelsmerksterkte en -groei toon. Die agt motorhandelsmerke wat die lys gehaal het, het ‘n verhoogde handelsmerksterkte van 51 persent getoon.

“Terwyl Chery se handelsmerkwaarde dié van sy eweknieë oortref het, is dit ook baie bemoedigend om te sien dat Chinese motorhandelsmerke in die algemeen in sterkte en statuur groei,” sê Tony Liu, uitvoerende adjunkhoofbestuurder van Chery Suid-Afrika.

Chery se prestasie het dit weereens duidelik gemaak dat waarde en kliëntediens ‘n deurslaggewende invloed in die aankoopbesluitnemingsproses bly.

In 2023 het die handelsmerk ‘n rekordbrekende 937 148 voertuie uitgevoer, wat neerkom op ‘n toename van 101,1% op ‘n jaargrondslag. Dit het verseker dat hulle hul leiersposisie as Chinese passasiersvoertuiguitvoerder vir 21 jaar behou. Nog ‘n rekord blyk in wording te wees aangesien Chery reeds kumulatiewe verkope van 902 209 voertuie vir die maande Januarie tot Mei 2024 gerapporteer het, ‘n 51% jaar-tot-jaar toename.

Deur hul betroubare topproduklyn het Chery Group ‘n internasionale kliëntebasis van 14 miljoen gebruikers opgebou. Dit is veral produkte soos die Tiggo-familie van modelle, wat tot hierdie fenomenale verowering van die mark gelei het.

Die Tiggo 7-reeks oorheers die A-klas SUV-segment onder Chinese handelsmerke vir drie agtereenvolgende jare met meer as 800 000 eenhede in wêreldwye verkope. Hierdie reeks was ook nommer een in die Midsize Economy SUV-segment van JD Power se 2023 China APEAL (Automotive Performance, Execution and Layout) en het ‘n vyfster ANCAP-veiligheidsgradering behaal. Net so het die Tiggo 8-familie die harte en verbeelding van 900 000 gebruikers aangegryp met kumulatiewe verkope van meer as 200 000 vir 2023 alleen.

“Die geheim van Chery se sukses kan toegeskryf word aan die kliëntgesentreerde benadering en ons verbintenis om hoëgehalte-motorprodukte te lewer. Hierdie resep het ons ’n benydenswaardige posisie onder wêreldhandelsmerke besorg,” sê Liu.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App