Chevonne Ruch – ma en kêrel skuldig nadat sy doodgeslaan is

Lees ook :

Foto's: Action Society

GAUTENG. – Chevonne Ruch (2) se ma, Rochelle Botha, en dié se kêrel, Stefan van Niekerk, is beide in die Johannesburg-hooggeregshof aan moord, poging tot moord, seksuele aanranding, kindermishandeling en nalatigheid skuldig bevind.

Volgens Action Society is die saak vir hulle vonnisoplegging tot 29 April uitgestel.

Die kleuter is in 2022 doodgeslaan. ‘n Patoloog het vasgestel die oorsaak van haar dood was bloeding op die brein.

Die kleuter het ten tyde van haar afsterwe 49 kneusmerke gehad.

Bron: Action Society

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief