Chinese hou asem op vir Tifoon Dolphin

Lees ook :

Fotokrediet: The Watchers News

CHINA. – Inwoners van die ooste van China tref voorbereidings vir die aanslag van Tifoon Dolphin. Hierdie tifoon het verlede week in ’n kort tydjie kategorie 5-supertifoonsterkte oor die noordwestelike Stille Oseaan bereik. Daar word verwag dat dit vroeg Sondagoggend by Zhejiang-provinsie aan land sal kom.

Die storm het volgens Nasa se Earthdata-platform op 30 Julie sy sterkste punt bereik met windsnelhede van 270 km/h. Dit was die vyfde kategorie 5-sikloon van 2026. Klimaatverslaggewers by Yale Climate Connections het destyds ook gesê 2026 het reeds die tempo van die rekordjaar 1997 oortref, toe 12 kategorie 5-storms wêreldwyd voorgekom het. 

Sedertdien het Dolphin egter baie verswak. Vandag wys berigte dis net so sterk soos ’n kategorie 1-orkaan, en dit gaan waarskynlik nie weer ‘n supertifoon word nie. 

Voordat die storm weswaarts gedraai het, het dit eers Japan se afgeleë eilande hard getref. Volgens The Washington Post het die tifoon oor Japan se suidelike eilande beweeg. As gevolg hiervan moes ’n groot lughawe op Okinawa toemaak, en alle vlugte na en van die eiland is gestaak. Die Amerikaanse militêre basisse op die eiland het alle personeel beveel om binne te bly. Dit was nadat ’n noodwaarskuwing Donderdagoggend uitgereik is. Video’s op sosiale media het ook gewys hoe winde hard deur die dorp Amami gewaai het toe die storm by die Ryukyu-eilande verbybeweeg het. 

Intussen berei China voor vir die storm se koms. Volgens die Global Times het verskeie regeringsdepartemente en plaaslike owerhede al noodmaatreëls in werking gestel, terwyl die tifoon (die 13de van die jaar) nader aan die land se oostekus beweeg. Na verwagting sal die storm verswak voor dit aan land gaan. Tog sal Sjanghai waarskynlik sterk winde, hoë seevlakke en plaaslike vloede kry. 

Bronne: NASA Earthdata, Yale Climate Connections, Fox Weather, The Washington Post, Global Times

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief