Christenskap mág op NWU-kampus beoefen word, sê universiteit

Lees ook :

Christenskap mág op NWU-kampus beoefen word, sê universiteit. Foto: NWU

POTCHEFSTROOM, NOORDWES. – Die Noordwes-Universiteit het bewerings dat Christenskap op die Potchefstroomkampus verbied word, ontken.

Dit volg na ’n stemnota wat verlede Donderdag op Whatsapp deur ’n beweerde student genaamd Mira rondgestuur is waarin sy beweer alle gelowe behalwe Christenskap op kampus mag uitgeleef word.

In die stemnota vra sy die gemeenskap om te bid omdat sy glo nuus gekry het oor bid in koshuiskamers wat voortaan verbied word en oor koshuise wat ook nie meer aanbiddingsgeleenthede mag hou nie.

Die universiteit het in ’n vroeëre verklaring bevestig hulle veroordeel enige aksies waar studente se basiese regte van vrye assosiasie te na gekom word.

Bronne: Potchefstroom Herald, NWU, Facebook

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief