Lees ook: 25 buitelanders gekeer wat SA onwettig probeer inkom
ALEXANDRA. – City Power-kontrakteurs is Dinsdag in Alexandra aangeval toe hulle ‘n kabel probeer regmaak het. Die kontrakteurs is deur ‘n woedende skare ingewag en met klippe gegooi.
Een van die kontrakteurs is beseer en moes na ‘n hospitaal geneem word. Die gereedskap en kabels wat vir die herstelwerk sou gebruik word, is gesteel.
Die City Power-woordvoerder het gesê ‘n saak is by die polisie gemaak. Hulle het ook gedreig om hulle dienste uit Alexandra te onttrek oor kommer oor hulle werkers se veiligheid.
Bronne: IOL, Jacaranda FM, The Africa
Lees ook: 25 buitelanders gekeer wat SA onwettig probeer inkom