Cloudflare vra verskoning vir onderbreking

Lees ook :

Cloudflare vra om verskoning vir onderbreking fotokrediet: X

INTERNASIONAAL. – Verskeie webtuistes, insluitend X en ChatGPT, was gister af weens probleme by die internet-infrastruktuurmaatskappy Cloudflare.

Lees ook: Amazon Web Services weer aan die gang

Cloudflare het om verskoning gevra by hulle “kliënte en die internet oor die algemeen omdat ons julle vandag in die steek gelaat het”. Volgens Cloudflare het die onderbreking gebeur nadat ‘n “configuration file” wat ontwerp is om verkeer na die webtuistes te beheer nie gewerk het soos verwag nie en “gemaak het dat daar ‘n onderbreking is” in die sagteware, wat die verkeer na die groter webtuistes beheer.

Verskeie gebruikers het probleme aangemeld met onder andere Zoom, Canva, X en ChatGPT.

Cloudflare het gesê daar was “geen bewyse dat die onderbreking deur ‘n kuberaanval veroorsaak is nie”.

Bronne: BBC, ABC, Business Insider

Lees ook: CrowdStrike-hoof vra om verskoning oor globale IT-onderbreking

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief