CrowdStrike-hoof vra om verskoning oor globale IT-onderbreking

Lees ook :

CrowdStrike-hoof vra om verskoning oor globale IT-onderbreking
CrowdStrik- hoof vra om verskoning oor globale IT-onderbreking fotokrediet: Canva

Lees ook: CrowdStrike word gedagvaar na internetonderbreking

VSA. – ‘n Hoof van die kubersekuriteitmaatskappy, CrowdStrike, het om verskoning gevra vir die globale IT-onderbreking in Julie.

CrowdStrike word tans deur die Amerikaanse Kongres ondervra oor die globale IT-onderbreking in Julie wat banke, lughawens, supermarkte, nuusmaatskappye, hospitale en nog meer sonder sein vir rekenaars gelaat het.

Adam Meyers, ‘n hoof van CrowdStrike, het gesê hy is “baie jammer” oor die onderbreking en is “vasberade om te verhoed dat dit weer gebeur”.

Die onderbreking is veroorsaak deur ‘n foutiewe sagteware-opdatering. CrowdStrike word gedagvaar deur hulle eie aandeelhouers en passasiers van Delta Airlines wat gestrand gelaat is tydens die onderbreking.

Bronne: BBC, TechCentral, CBS News

Lees ook: CrowdStrike word gedagvaar na internetonderbreking

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief