Coca-Cola, die hoofborgskap van die SA Rugby se jeugtoernooie, se borgskap het einde 2018 tot ‘n einde gekom.
“Ons is tans in die proses om nuwe borge vir die toernooie te vind,” sê ‘n woordvoerder van SA Rugby.
“Die SA Rugby-jeugweke is die hoeksteen van ons ontwikkelingstrukture. Ons is baie opgewonde om die volgende oes spelers by hierdie jaar se gesogte toernooie te sien en hoe elke speler sy merk gaan maak.”