Comrades-deelnemer in kritieke toestand opgespoor

Lees ook :

Foto's: Comrades Marathon en ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – Moira Harding, wat Sondag vermis geraak het nadat sy die Comrades marathon voltooi het, is vanoggend (Maandag) in ‘n kritieke toestand opgespoor. Sy is met ‘n Netcare911-lugambulans na ‘n hospitaal gevlieg.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê dié diens was vanoggend by die NSRI se basis in Pointstraat waar gevorderde lewensondersteunende paramedici vir Harding behandel het. Nadat sy vermis geraak het, is ‘n grootskaalse soektog deur verskeie rolspelers van stapel gestuur. Harding is naby die NSRI-basis aan die kant van ‘n pier (‘n jetty) in die sentrale gebied van Durban aangetref.

Lt.kol. Robert Netshiunda sê aan Nuusflits die omstandighede word ondersoek waartydens Harding vermis geraak het. “Die vrou is tans in die hospitaal. Hoewel daar geen sigbare beserings was nie, sal die polisie die mediese verslag afwag wat hul volgende stappe sal bepaal.”

Geen verdere inligting is tans beskikbaar nie.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief