Die gewild Afrikaanse sangeres het Dondermiddag op die foto, wat sy Maandag op haar Facebook-blad gedeel het, gereageer.
Op die foto lyk dit of Corlea aangerand is. Sy het die woorde: “Hy het belowe hy sal nie weer nie, miskien moes ek net stilgebly het …” by die foto geskryf.
Die foto het gemengde reaksie op sosiale media uitgelok en daar was heelwat bespiegelings dat die foto nie eg is nie. Die foto het ook hewige kritiek teenoor die sangeres onder sosialemedia-gebruikers ontlok.
Teen Dondermiddag het sy die volgende op haar Facebook-blad geplaas nadat sy Maandag deur haar woordvoerder, Johan C. Venter laat hoor het “dat daar meer in die storie steek as wat Botha op sosiale media verklap het.
“Ja. Ek was voorheen in ‘n “abusive” verhouding.
Ek het my tyd geneem om te besluit HOE ek dit wil deel, en na baie oorweging het dit in die vorm van ‘n nuwe lied gekom.
Dit is hoekom ek “Bittersoet” by Afrikaans is groot gesing het laasjaar – dit was die begin van my missie.
Heel eerste is ek ‘n vrou. Tweedens is ek ‘n kunstenaar.
As ek nie my stem en kuns kan gebruik om bewusmaking te skep rondom ‘n onderwerp waarin ek glo nie, voel dit of ek my doel in die lewe mis….
Ek stel môre my nuwe projek bekend – ‘n inisiatief om uit te reik na ander vrouens wat hulself in dieselfde situasie bevind, of bevind het, en hulp te bied!
As ek slegs EEN vrou se lewe kan aanraak, haar eie waarde en menswees vir haar kan teruggee, sal dit alles die moeite werd wees.
Ek het reeds my vryheid teruggewen – ek gun dit vir elke ander persoon!
Volg môre my sosiale media vir meer informasie!” lui die inskrywing.