Corlea se ma sterf weens kanker

Lees ook :

Foto: Corlea Botha

Mesadi Botha, ma en bestuurder van die bekende SA-sangeres Corlea Botha, het Saterdag weens kanker gesterf.

Botha is voor haar afsterwe op 11 Oktober gediagnoseer. Corlea beskryf dit as “3 x tipe kanker in pankreas, versprei na lewer en longe.”

“My mamma is vandag na haar hemelse huis toe. Ek weet sy was reg. Ek weet haar saak was reg. My hart is seer. Maar ek is dankbaar dat haar lyding weg is.”

Corlea sê die hartseer nuus het vinnig gebeur en dat sy nog nie woorde het nie, maar spreek dank uit vir elke boodskap en gebed, asook vir dr. Nel en dr. Haywood saam met Unitas-hospitaal se personeel.

“Ek sê dankie aan my naastes sirkel – julle het my gedra. My hartsmense. Dankie my friend Elzaan Van Der Merwe. Dankie my liefde, my rots JD Mars. Ek lief jou my mamma, my Saads. Moet nooit vergeet nie.”

Op 18 November het Corlea gesê haar ma is in hoësorg en mediese personeel doen alles om haar gemaklik en pynvry te maak.

“As julle hierdie jaar AIG gekyk het en dalk ‘n bewe in my stem gehoor het – weet asb. dat ek my heel heel beste gegee het vir julle ten spyte van my seer en bekommernis. Ek wou ook nie ‘mime’ om deur dit te kom nie. My mamma is ‘n sterk vrou, en ek wou haar eer met my stem en optrede by AIG. Die lied Deurmekaar het as ‘n gedagte eweskielik by my opgekom. Min sou ek weet hoe toepaslik dit sou wees vir hierdie tyd in my lewe…. Ek sou graag ‘n video wou maak en self met julle almal praat, maar my hart is te seer. Dit was ‘n baie moeilike paar weke en dit is absoluut Sy Genade wat ons dra, en daarvoor is ek dankbaar. Ek vra dat julle ‘n ekstra gedagte en gebedjie vir my ma sal opstuur. Afrikaans is Groot JD Mars Mamilla Fashions. Suzie Botha.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief