Cosmo City-verkragter op agt klagtes lewenslank tronk toe gestuur

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Thabang Mahlangu is in die Gautengse hooggeregshof vir misdade in Cosmo City tussen Februarie 2018 en Januarie 2020 gepleeg lewenslank gevonnis. Mahlangu het op agt aanklagte in die hof verskyn.

Volgens Phindi Mjonondwane, woordvoerder van die NVG, sluit die agt aanklagte verkragting, roof met verswarende omstandighede en huisbraak met die doel om te verkrag in. Mahlangu sou in die vroeë oggendure in vroue se huise inbreek en hulle met ‘n mes dreig, waarna hy hulle verkrag en dan van besittings beroof het.

Mjonondwane sê Mhlangu is met DNS van vyf van die vroue in sake wat by Douglasdale-polisiestasie gerapporteer is, verbind. Die vyfde slagoffer is onderweg na haar huis verkrag.

Rotondwa Phungo, die staatsadvokaat, het aan die hof gesê verkragting sonder die gebruik van ‘n kondoom in ‘n land waarin HIV hoogty vier, is verswarende omstandighede. Hy het volgens Mjonondwane bygevoeg indien ‘n verkragte vrou sou swanger raak sy sou moes aborteer of met die gevolge leef van iets waarvoor sy nie ingestem het nie. Die modus operandi van inbreek wanneer die slagoffers op hulle mees weerloos, alleen en aan die slaap was en hulle dan met ‘n mes te dreig, is as verswarend aan die hof voorgehou. Hy sê die misdade was beplan en gevoelloos.

Phungo en sers. France Mokwai, die ondersoekbeampte in die sake, is vir die skuldigbevinding geprys.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief