CrowdStrike sê baie toestelle is al reggemaak

Lees ook :

CrowdStrike sê baie toestelle is al reggemaak
CrowdStrike sê baie toestelle is al reggemaak fotokrediet: Canva

Lees ook: 8.5 m. Windows-toestelle deur Crowdstrike-onderbreking geraak

CrowdStrike, die kubersekuriteitmaatskappy, het gesê ‘n klomp toestelle wat deur die IT-onderbreking geraak was, is al reggemaak.

Daar was Vrydag IT-onderbrekings regoor die wêreld na die maatskappy ‘n foutiewe sagteware-opdatering vrygestel het.

Banke, hospitale, lughawens, finansiële instansies, besighede en nuusmaatskappye is van die ondernemings wat IT-probleme ervaar het.

8.5 miljoen Microsoft-toestelle regoor die wêreld het afgegaan oor die foutiewe sagteware.

CrowdStrike het gesê hulle het ‘n “fix” vrygestel om die sisteme reg te maak, maar dit is onbekend hoeveel toestelle steeds probleme het.

Bronne: BBC, The Independent, Reuters

Lees ook: 8.5 m. Windows-toestelle deur Crowdstrike-onderbreking geraak

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief