Cyril Ramaphosa en Donald Trump stem in tot verbetering van SA/VSA-bande

Lees ook :

Cyril Ramaphosa en Donald Trump stem in tot samespreking om SA-VSA bande te verbeter fotokrediet: X

President Cyril Ramaphosa het in ’n plasing op X gesê hy het met president Donald Trump gepraat na die Oekraïense president Wolodimir Zelenski Suid-Afrika besoek het. In die plasing het president Ramaphosa gesê hy en president Trump het die vredeproses in Oekraïne bespreek en het albei ooreengekom die oorlog moet tot ’n einde gebring word.

Lees ook: Zelenski moet deel van SA-besoek kanselleer na Russiese aanval op Oekraïne

Hy het ook gesê hy en Trump het ooreengekom om te vergader oor die verskeie sake aangaande die SA-VSA-verhouding. Ramaphosa het ook gesê hulle het die noodsaaklikheid om ’n goeie verhouding tussen die lande te handhaaf, bespreek.

Die verhouding tussen die VSA en SA het verswak na Suid-Afrika ’n saak teen Israel gebring het wat die land van volksmoord in Gaza beskuldig, asook Suid-Afrika se aanvaarding van die grondonteiningswet.

Donald Trump en Elon Musk het beweer wit Suid-Afrikaners word met volksmoord geteiken. Trump het ook sanksies teen Suid-Afrika ingestel, befondsing opgeskort en die SA-ambassadeur uit Amerika geskop.

Bron: X

Lees ook: Zelenski moet deel van SA-besoek kanselleer na Russiese aanval op Oekraïne

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief