GAUTENG. – Die DA het Helen Zille formeel as hul kandidaat vir die pos van burgemeester vir Johannesburg in die plaaslikeregering-verkiesing van 2026 aangekondig.
John Steenhuisen, leier van die DA, het die aankondiging gemaak. Helen Zille, federale raadsvorsitter van die DA, het gesê sy aanvaar met trots die benoeming en het haar verbintenis herbevestig om Johannesburg te help herstel deur beter dienslewering, samewerkende bestuur en die skep van geleenthede vir alle inwoners.
Bron: Democratic Alliance





