DA dien mosie van wantroue in teen Jhb-burgemeester en -speaker

Lees ook :

DA dien mosie van wantroue in teen Johannesburgse burgemeester en speaker fotokrediet: X

JOHANNESBURG. – Die DA in Johannesburg het gister (Woensdag) ’n mosie van wantroue teen die burgemeester, Dada Morero, en speaker, Nobuhle Mthembu, ingedien. Die DA beweer hulle is “aandadig aan die vernietiging van die Stad van Goud en hulle moet gaan!”

Lees ook: Burgemeester veroordeel bomdreigement by Al-Azhar-moskee

Volgens die DA het die burgemeester die mense gefaal deurdat sy administrasie wanbestuur is en geen deursigtigheid het nie. Die DA het ook beweer die speaker het gefaal om te voldoen aan haar konstitusionele rol as ’n “onpartydige voog van raadsprosesse”.

Morero het Woensdag sy stadsrede gehou waarin hy verskeie beloftes gemaak het om die stad reg te ruk, insluitend die samestelling van ’n bomb squad onder leiding van die ANC se dr. Snuki Zikalala.

Bronne: IOL, eNCA, EWN

Lees ook: Burgemeester veroordeel bomdreigement by Al-Azhar-moskee

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief