Lees ook: Voormalige regter John Hlophe parlement toe vir MK-party
WES-KAAP. – Die DA en nog twee organisasies het ’n dringende hofaansoek geloods om John Hlophe van die Regterlike Dienskommissie (RDK) te laat verwyder.
Hlophe is die hoofsweep van die MK-party. Hy is in 2008 daarvan beskuldig dat hy twee regters onbehoorlik probeer beïnvloed het om ten gunste van oudpresident Jacob Zuma te beslis in die korrupsiesaak teen hom oor die wapentransaksie met Thint. Hlophe is later as regter-president deur die RDK afgedank.
WC HIGH COURT HEARS BID TO REMOVE DR JOHN HLOPHE FROM JSC https://t.co/siADWGuJrv
— Newzroom Afrika (@Newzroom405) September 5, 2024
Bronne: SowetanLIVE, X
Lees ook: Voormalige regter John Hlophe parlement toe vir MK-party