Die DA sê minister Angie Motshekga word beskerm teen aanspreeklikheid oor R813 miljoen wat glo vermis is. Die geld is glo vir SANW-soldate in die DRK geoormerk.
Die party sê die voorsitter van die Gesamentlike Staande Komitee oor Verdediging, Malusi Gigaba, het sy belofte teruggetrek om antwoorde van die minister te eis en keer nou dat die komitee die saak bespreek of die minister dagvaar. Volgens die DA het Nasionale Tesourie bevestig dat die geld wel toegeken is en ’n SANW-generaal het erken dit word teruggehou tot die troepe terugkeer.
Die DA dring aan op ’n dringende komiteevergadering om Motshekga tot verantwoording te roep.
Druk hier om meer te lees.
Nuusflits het die SANW vir kommentaar gevra.





