Brekende Nuus
Afrikaans

DA-hofaansoek om kaderontplooiings onwettig te verklaar afgekeur

Dit volg slegs twee dae na die ANC hulle kaderontplooiingsrekords aan die DA oorhandig het.

DA hofaansoek om kaderontplooiings onwettig te verklaar afgekeer

fotokrediet: Canva
DA hofaansoek om kaderontplooiings onwettig te verklaar afgekeer fotokrediet: Canva

Lees ook: Thabo Bester en medebeskuldigdes vandag weer in hof

PRETORIA. – Die DA se saak om die ANC se kaderontplooiings as onwettig en onkonstitusioneel te laat verklaar, is in die Pretoria-hooggeregshof afgekeur. Dit volg slegs twee dae na die ANC hulle kaderontplooiingsrekords aan die DA oorhandig het.

Die DA wou hê die hof moet die kaderbeleid onwettig verklaar omdat dit tot korrupsie lei. Hulle voer ook aan dit beïnvloed dienslewering.

Die regter, Aubrey Ledwaba, het die DA se aansoek met koste afgekeur.

DA-leier John Steenhuisen het sy ongelukkigheid uitgespreek met die beslissing en gesê die DA sal die beslissing beveg.

Bronne: IOL, SABC, Mail & Guardian

Lees ook: Thabo Bester en medebeskuldigdes vandag weer in hof