Madagaskar gaan kinderverkragters kastreer

Lees ook :

Madagaskar gaan kinderverkragters kastreer
Madagaskar gaan kinderverkragters kastreer fotokrediet: Canva

Lees ook: Nog grondboontjiebotter van rakke verwyder

MADAGASKAR. – Die parlement in Madagaskar het ’n wetsontwerp aanvaar om diegene wat skuldig bevind word aan die verkragting van ’n minderjarige te kastreer.

Madagaskar se president, Andry Rajoelina, wat die wet in Desember voorgestel het, moet nog die wetsontwerp teken om dit amptelik te maak.

Die justisieminister het gesê dit is ’n noodsaaklike stap, aangesien 600 sake van kinderverkragting verlede jaar aangemeld is en 133 net in Januarie vanjaar.

Verdagtes wat skuldig bevind word aan die verkragting van ’n kind onder 10 sal deur middel van chirurgie gekastreer word. Diegene wat skuldig bevind word aan die verkragting van kinders tussen 10 en 13 sal óf chirurgies óf chemies gekastreer word. Dié wat minderjariges tussen 14 en 17 verkrag, sal chemies gekastreer word.

Bronne: The Independent, AP News, Sky News

Lees ook: Nog grondboontjiebotter van rakke verwyder

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief