*PERSVERKLARKING
Die Demokratiese Alliansie waarsku Kimberley-inwoners van ‘n moontlik verergerde waterkrisis.
Politiek het voorkeur geniet in die bestuur van die Sol Plaatje-waterkrisis, sê Ockert Fourie, DA-raadslid van die Sol Plaatje-munisiplaiteit. Die ANC het deskundige menings verontagsaam en eerder verkies om politieke guns te wen as om volhoubare watervoorsiening aan inwoners van Kimberley te verseker.
‘n Bevinding oor die Sol Plaatje-munisipaliteit se Geïntegreerde Grootmaat Watervoorsiening Ingrypingsplan, wat aan raadslede voorgelê is, wek kommer dat die geskeduleerde datum vir die Kimberley Watersluiting van 4 – 8 April, ten einde herstelwerk aan 900 mm pypleiding by Midstation, ‘n geval is van té min, té laat.
Die pypleiding lek sedert Desember 2023. Dit word by die dag erger, aangesien materiaal afgeskuur word weens die hoë snelheid van water deur die lek. Volgens deskundige mening sal die materiaal heel moontlik nie tot die einde van die Paasnaweek kan hou nie en kan dit enige oomblik breek.
Dit sou ‘n onbeplande noodwatersluiting van die hele dorp se watertoevoer vereis. ‘n Onbeplande watersluiting kan tot vyf dae of selfs meer duur. Dit is in teenstelling met ‘n behoorlik beplande watersluiting, wat die waterafluitingtydperk tot drie dae kan verminder.
Die DA is ontsteld oor die besluit van die ANC om teen Sol Plaatje-munisipaliteit se aanbeveling te gaan, om die watersluiting op ‘n vroeëre datum, van 22 – 24 Maart, te hê. Hulle het egter besluit om die risiko te loop dat die stad in ‘n verdere waterchaos gedompel word. Dit sou beteken dat inwoners dalk nie eers die geleentheid gegun sou word om voldoende watervoorsiening te maak om die impak van ‘n onverwagte afsluiting te versag nie.
‘n Week gelede het die DA die speaker versoek om ‘n dringende vergadering te belê sodat die DA ons bekommernisse oor die ANC se besluit om waterherstelwerk uit te stel, kon bespreek. Die skedulering van die vergadering is vertraag. Dit beklemtoon weereens die gebrek aan dringendheid om hierdie potensiale krisis te hanteer. Die vergadering is uiteindelik Woensdag belê. Die prioriteite van die regerende party is weereens beklemtoon. Dit blyk dat hulle na bewering politieke saamtrekke en laaste-minuut Paasmusiekfeeste bo die regte van alle inwoners van Kimberley tot volhoubare watervoorsiening, geplaas het.
Gegewe die inligting wat beskikbaar is, sal dit wys wees vir inwoners van Kimberley om nie te wag vir die geskeduleerde watersluiting van 4 April nie en eerder vroegtydig vir watervoorsiening te maak, indien die pypleiding nie tot 4 April hou nie.
Die DA sal ons verdere bekommernisse aan die SAPD voorlê ten opsigte van die kriminele saak, met MAS-nommer: 184.3.2024, wat ons teen Sol Plaatje oopgemaak het vir hul volgehoue versuim om watervoorsiening aan inwoners te verskaf.
Die DA betreur die ANC se minagting van Kimberliete. Ons doen ‘n beroep op inwoners om van die verkiesing van 29 Mei gebruik te maak om vir die Demokratiese Alliansie (DA) te stem om provinsiale en nasionale regering van verdere ANC-ineenstorting en verdere waterkrisisse te red.
Medianavrae
Ockert Fourie Rdl.
Sol Plaatje-munisipaliteit
060 795 8670
*PERSVERKLARING





