Dagga van Eswatini onderskep

Lees ook :

Foto: SAPD

MPUMALANGA. – Twee landsburgers van die Koninkryk van Eswatini wat glo die naweek dagga met ‘n geskatte straatwaarde van R51 828 deur die Waverley-grenspos wou bring, is in hegtenis geneem.

Kol. Donald Mdhluli sê die verdagtes, onderskeidelik 30 en 35 jaar oud, is vir beweerde handel in dagga in aanhouding.

Grensposlede het ‘n stop-en-deursoekingsoperasie by Waverley Farma en Esandleni gehou toe hulle ‘n swart Honda Fit gestop het. Tydens die deursoeking is 67 rolle dagga van 12.34 kg in ‘n vals kompartement in die voertuig versteek ontdek.

Twee verdagtes is vir handel in dagga in hegtenis geneem en aangekla, waarna hulle na verwagting in die Mayflower-landdroshof sal verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief