Danser blink uit by wêreldkompetisie en in Disneyland

Lees ook :

Foto's: Hoërskool Strand

WES-KAAP. – Mienke Fourie, ‘n jong danseres van Hoërskool Strand, het onlangs aan die World Dance Competition in die VSA deelgeneem waar sy platinumtoekennings vir ál haar items ontvang het. Die grootste hoogtepunt was egter die kans om aan die wêreldbekende Disneyland Parade deel te neem, ’n vertoning wat elke jaar duisende toeriste lok.

Volgens ‘n sosialemediaplasing van die skool het die jong danseres uitgeblink en sertifikate en platinumtoekenings vir haar solo-optredes in Liries, Akro en Musiekteater, asook vir haar duette in Liries, Akro en Jazz ontvang. Saam met haar dansmaat het sy die tweede plek in die Teen Duet-afdeling behaal, terwyl sy in die Teen Solo-kategorie derde geplaas is.

Die skool sê in in die plasing: “Welgedaan, Mienke – ons is baie trots op jou!”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief