DBV-inspekteur stabiel na boomslang haar pik

Lees ook :

Foto: Swellendam DBV en Gerrie Heyns

WES-KAAP. – Dee Hazell, ‘n inspekteur van Swellendam-DBV, is Vrydag deur ‘n boomslang gepik wat sy by ‘n Railton-eiendom wou verwyder.

Swellendam-DBV sê ten spyte van die wond het Hazell steeds die boomslang gevang en na hulle kantore geneem, voordat sy mediese hulp gekry het. Amy Mocke het die slang in ‘n veilige omgewing vrygelaat.

Daar is vir ‘n droë byt gehoop, maar Hazell het met aankoms by Vergelegen Mediclinic pyn in haar arm gehad wat op die teenoorgestelde en die teenwoordigheid van gif gedui het. Haar bloed is gemonitor en toe stollingsafwykings gevind is, is ‘n teengifmiddel toegedien.

Hazell is na Tygerberg se hoësorgeenheid oorgeplaas, maar sy is intussen na ‘n algemene sal verskuif. Volgens die DBV moet sy deur die newe-effekte van die teengif werk. Andersins is sy stabiel en hulle hoop dat sy gou huis toe sal kan gaan.

Hazell het mense deur die DBV bedank vir boodskappe en liefde ontvang.

Swellendam-DBV het Swellendam-hospitaal, Vergelegen Mediclinic en Tygerberg-hospitaal vir hulle mediese versorging bedank.

“You got this Dee, much love from all of us.”

Bronne: Swellendam DBV en Snakes Lives Matter Facebook-blad

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief