MPUMALANGA. – ’n Vrou (52) is Vrydag op aanklagte van bedrog in hegtenis geneem. Sy was na bewering sedert Desember 2021 as ’n finansiële beampte by ‘n laerskool op Delmas werksaam waar sy na beraming R2 665 007,34 “gesteel” het.
Volgens die SAPD was die verdagte verantwoordelik vir betalings, salarisbetalings aan beheerliggaam-onderwysers, om geld te ontvang, die skoolbegroting te behartig, en deposito’s by die bank.
Sy het na bewering op 6 Maart 2023 ’n bonus van R11 237 aan haarself betaal, wat goedgekeur is. Daarna het sy egter op 20 Oktober 2023 weer vir haarself ’n bonus van R22 543 oorbetaal wat nie goedgekeur is nie.
By verdere ondersoek het die Valke bevind sy het tussen 3 Maart 2023 en 2 November 2023 ’n totaal van R2 665 007,34 vanuit die skoolrekening na vier Capitec-rekeninge in haar naam oorgeplaas. Sy het glo bekende rekeninghouers se name as verwysings gebruik.
Haar eerste hofverskyning was Maandag 12 Februarie 2024.
Bronne: SAPD, Twitter





