Departement sê oor oorvol Gautengse skole

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – “Bewerings van nuwe oorbevolking is misleidend, aangesien die departement hierdie kwessies voorheen aangekondig het, tesame met planne om druk op skole wat geraak is, te verlig.”

Steve Mabona, woordvoerder vir die Gautengse onderwysdepartment, sê Laerskool Akasia het byvoorbeeld plek om 240 gr. 1-leerlinge te akkommodeer, maar het 1 475 aansoeke ontvang. Hoërskool Langenhoven het op sy beurt plek om 300 gr. 8-leerlinge in te neem, maar het 3 081 aansoeke ontvang. Mabona voeg by 292 laerskole en 277 hoërskole is as hoëdrukskole in hoëdrukgebiede in die provinsie geïdentifiseer. Die departement het sedert 15 September 2024 deurentyd inligting aan die gemeenskap aangaande die plasing van leerlinge in skole gegee. Om aan leerlinge plek in skole in hierdie gebiede te voorsien, het die departement intervensies geïmplementeer sodat die onmiddellike aanvraag hanteer kan word, byvoorbeeld mobiele klasse, bou van satellietskole en befondsing aan skole vir ekstra klaskamers.

“Ten spyte van hierdie pogings is dit belangrik om daarop te let dat dit nie moontlik was om weens kapasiteitsbeperkings alle aansoekers in hul voorkeurskole te plaas nie. Gevolglik is aansoekers wat nie in hulle naaste skole geplaas kon word nie, in die volgende naaste skole met beskikbare plek geplaas.”

Mabona verseker dus alle leerlinge is geplaas, al is dit nie in die skole van hulle eerste keuse nie. Daar word egter deurentyd gewerk om infrastruktuur te verbeter om kwaliteit onderwys beskikbaar te stel.

“As die departement moet ons die bewering regstel dat ons gesê het ons sal meer as 4 000 satellietskole bou. In ons mees onlangse mediaverklaring oor laat aansoeke wat op 29 Januarie 2025 uitgereik is, is ‘n geleentheid vir ouers geskep wat nie gedurende ons aansoektydperk aansoek gedoen het nie. Ons het aangekondig dat die satellietskole wat ons in 2025 ingestel het, meer as 4 417 bykomende plekke in hoëdrukgebiede sal voorsien. Dit is belangrik om te noem dat sommige van hierdie satellietskole begin funksioneer het, terwyl ons die res voltooi. Intussen is sommige skole oorvol terwyl hulle wag vir die voltooiing van hierdie genoemde skole.”

Die LUR vir onderwys in Gauteng, Matome Chiloane, sê: “Ons bly verbind tot deursigtigheid en om te verseker dat elke leerder in ‘n geskikte leeromgewing geplaas word. Ons is op koers om druk van alle geïdentifiseerde skole te verlig. Skole gaan voort met die selfbou-klaskamerprojek en nuwe skole sal ook dienooreenkomstig regoor die provinsie bekend gestel word.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief